Drie Redes waarom Imago verhoudings berading die beste manier is om jou verhouding te red.

  1. Die kommunikasie tegniek is nie net ‘n ‘n manier om met mekaar te praat nie, maar dit leer mens om werklik te luister. Wanneer mens waarlik luister sal jy agter kom dat jy en jou maat werklik verskil in opinie, manier van dink, doen en lewe. Julle het geleer om saam te lewe en moontlik vergeet dat julle van verskillende planete afkomstig is.
  2. Die 2de mees belangrike ding van hierdie kommunikasie metode is dat dit emotionele wonde oopsluit wat reeds in jou onderbewussyn weg gebere is en waarvan jy nie bewus is nie. Omdat dit weg gebere is beteken dit nie dat dit jou nie meer beinvloed nie. Dit is die dinge wat “getrigger” word en meestal konflik veroorsaak. Wanneer julle mekaar se wonde sien en verstaan en met liefde versorg, tree genesing in.
  3. Wanneer die emotionele genesing plaas vind word dit ook moontlik om emotioneel te groeie. ‘n Mens groei die beste in ongemaklik situasies. Dit is ‘n beter manier om daarna te kyk nl: Ongemak = Groei.
    In plaas daarvan om julle verskille teen te staan en daaroor te baklei, kyk daarna soos volg. My maat is verskillend van my en ek moet uitvind hoe en hoekom, en dan by hom/haar leer.
    Al die bogenoemde is slegs moontlik as jou verhouding ‘n veilige plek is. Wanneer jy weet dat jou maat jou gaan oppas en jou nie gaan aanval of seer maak nie, kan jy veilig genoeg voel om kwesbaar te kan wees. Wanneer julle altwee kwesbaar in mekaar se teenwoordigheid kan wees sal emotionele intimiteit die gevolg wees. Dit is wat ons almal begeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

css.php